Broccoli

Broccoli
Die broccoli plant
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
B. oleracea
Binomiale naam
Brassica oleracea
Kultivar groep: Italiaanse Groep

Broccoli is 'n eetbare plant in die koolfamilie, wat se groot blomhoof as groente dien. Die koolspesie Brassica oleracea word as 'n verskeidenheid uiteenlopende plantrasse gekweek. Die Italiaanse woord "broccoli" (meervoud van "broccolo"), verwys na "die blomdraende hoof van 'n kool".[1]

Broccoli het redelike groot blomhoofde, gewoonlik groen van kleur, in 'n boomagtige struktuur gerangskik op takke wat uit 'n stewige, eetbare stam spruit. Die volle massa van blomhofies word deur rubberagtige blare beskut.

Broccoli-plante lyk soos blomkool, maar is 'n verskillende kultivargroep van dieselfde spesie.

Broccoli word meestal saggekook of gestoom, maar kan ook rou genuttig word.[2]

Broccoli Broccoli

  1. Merriam-Webster woordeboek
  2. "Broccoli Leaves Are Edible" (in Engels). Garden Betty. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Augustus 2017. Besoek op 8 November 2013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy