Brumbies (Superrugbyspan)

Brumbies
Stigting 1996
Ligging Canberra, Australië
Streek Australiese Hoofstadgebied en suidelike Nieu-Suid-Wallis
Stadion Canberrastadion
Kapasiteit 25 011
Afrigter(s) Stephen Larkham
Kaptein(s) Stephen Moore
Christian Lealiifano
Liga(s) Superrugby
2018 10de
Tuiskleure


Weg kleure

Statistiek
Eerste wedstryd
ACT Brumbies 13 – 9 Transvaal
(5 Maart 1996)
Grootste oorwinning
ACT Brumbies 73 – 9 Noordelike Bulls
(27 Maart 1999)
Brumbies 64 – 0 Cats
(1 April 2000)
Grootste nederlaag
Hurricanes 56 – 7 Brumbies
(25 April 2009)
Amptelike webwerf
www.brumbies.com.au

Die Brumbies (voorheen bekend as die ACT Brumbies en nou as die Universiteit van Canberra Brumbies weens borgskapredes) is 'n Australiese rugbyspan wat as ’n konsessie aan Superrugby deelneem sedert 1996. Die konsessie sluit die Australiese Hoofstadgebied (AHG) en die suidelike Nieu-Suid-Wallis (NSW) in. Die konsessie se spelers kom van die AHG en Suidelike NSW Rugbyunie. Hul tuiswedstryde word gespeel op Canberrastadion in Canberra.

Die span se naam kom van die wilde perde (brumby) in die Canberra-omgewing voorkom. Die Brumbies is in 1996 gestig om ’n derde span vir die toe nuutgestigte Super 12-kompetisie te wees. Daar is voorspel dat die Brumbies, wat bestaan het uit sogenaamde ‘uitgeworpenes’ – spelers wat nie deur die ander konsessies gekontrakteer is nie – swak sou presteer. Hulle het egter sedertdien die beste van die Australiese spanne gevaar.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy