Buffelsrivier | |
---|---|
Stroomgebied | Oos-Kaap, Suid-Afrika |
Oorsprong | Amatholeberge (Suid-Afrika) |
Monding | Oos-Londen Indiese Oseaan |
Lengte | 126 km |
Oorsprong-hoogte | 1 200 m (3 937 voet) |
Monding-hoogte | 1 m |
Stroomgebiedopp. | 1 287 km2 (497 vk.myl) |
Koördinate: 33°1′43″S 27°51′51″O / 33.02861°S 27.86417°O |
Die Buffelsrivier of Cwenqgcwe loop deur King William’s Town (tans "Qonce") en Oos-Londen aan die ooskus van Suid-Afrika. Die rivier is wes van die Nahoonrivier. Sy monding vorm die enigste bevaarbare rivierhawe in Suid-Afrika. Die Rooikrantzdam is naby Qonce.
Die sytakke van die Buffelsrivier is: die Mgqakwebe-, Ngqokweni- en Yellowwoodsriviere. Die Yellowwoods het 'n paar watervalle, waarvan die grootste die Yellowwoods-valle naby Breidbach is.
Die bedreigde grens-ghieliemientjie (Barbus trevelyani) kom in die waters van die Buffelsrivier voor.[1] Daar is ook 'n klein hoeveelheid van die bedreigde Oos-Kaapse kurper (Sandelia bainsii) in die Yellowwoodsrivier, wat deel van die Buffelsrivier se opvanggebied uitmaak.[2]