Bul (sterrebeeld)

Vir ’n artikel oor die sterreteken, sien Bul (sterreteken).
Bul
Latynse naam Taurus
Genitief Tauri
Afkorting Tau
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 4,9 h
Deklinasie +19º
Grootte 797 vk. grade
Kwadrant NQ1
Besonderhede
Hoofsterre 19
Helderste ster Aldebaran (α Tau)
Naaste ster Gliese 176
Sterre helderder as 3 m 4
Sterre met planete 7
Messier-voorwerpe 2
Bayer-/Flamsteed-sterre 132
Meteoorreëns 2
Aangrensende sterrebeelde
Koetsier, Perseus, Ram, Walvis, Eridanus, Jagter, Tweeling
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Bul of Stier (Latyn: Taurus) is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemaeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.

Die Bul is een van die sterrebeelde van die diereriem en een van die oudstes. Dit was reeds in die vroeë Bronstydperk bekend, toe dit die ligging van die son aangedui het tydens die lentenagewening. Dit is opgeneem in die Antieke Babiloniese, Egiptiese en Griekse mitologie.

Die Bul het verskeie interessante aspekte. Twee van die naaste oop sterreswerms aan die Aarde kom hierin voor: die Plejades en die Hiades, wat albei met die blote oog gesien kan word. Die rooi reus Aldebaran is die helderste ster in die sterrebeeld. In die noordwestelike deel is die supernova-oorblyfsel Messier 1, beter bekend as die Krap-newel. Die veranderlike ster T Tauri is die prototipe van ’n klas voor-hoofreekssterre, die T Tauri-sterre. Verskeie meteoorreëns kom in die sterrebeeld voor.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy