Die 68ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 13-24 Mei2015 gehou.[1] Die Amerikaanse regisseurbroers Joel en Ethan Coen was die voorsitters van die jurie vir die hoofkompetisie[2] Dit was die eerste keer dat daar twee voorsitters was.[3] Die Franse akteur Lambert Wilson was die aanbieder van die opening- en die afsluitingseremonie.[4] Altesaam 47 rolprente en kortfilms is vertoon. Die Franse rolprent Dheepan, met Jacques Audiard as regisseur, het die Palme d'Or gewen.[5][6]
Die fees is geopen met Emmanuelle Bercot se Standing Tall[7] en afgesluit met Ice and the Sky van Luc Jacquet.[8] Albei flieks is gekies vir die krag en belangrikheid van hul boodskap – Standing Tall vir sy reaksie op die Charlie Hebdo-slagting en Ice and the Sky vir sy tema wat handel oor die toekoms van die aarde.[8][9][10]
Die Franse regisseur Agnès Varda het die ere-Palme d'Or ontvang; sy is die eerste vrou wat die eer te beurt val.[11]