Carlos Sainz jr.

Carlos Sainz jr.
Sainz in 2021
Sainz in 2021
Geboortedatum 1 September 1994 (1994-09-01)
Geboorteplek Madrid, Spanje
Volle naam Carlos Sainz Vázquez de Castro
Nasionaliteit Vlag van Spanje Spanjaard
Ou span(ne) Toro Rosso-Ferrari, Renault, McLaren-Renault
Span in 2024 Ferrari
Motornommer 55
Inskrywings 197 (194 begin)
Kampioenskappe 0
Oorwinnings 3
Podiums 23
Loopbaanpunte 1128.5
Voorste wegspronge 5
Vinnigste rondtes 4
Eerste F1-wedren 2015 Australiese Grand Prix
Eerste wen 2022 Britse Grand Prix
Laaste wen 2024 Australiese Grand Prix
Laaste inskrywing 2024 Britse Grand Prix
Laaste seisoen 2023
Verlede jaar plek 7de (200 punte)

Carlos Sainz jr. (gebore 1 September 1994 in Madrid) is 'n Spaanse professionele motorrenjaer wat tans vir die Ferrarispan in Formule Een Grands Prix jaag.

In 2017 jaag Sainz vir 'n derde seisoen vir die Toro Rosso-Ferrarispan, en behaal goeie resultate. Op 7 Oktober 2017 word aangekondig dat hy vanaf die Grand Prix van die Verenigde State die plek van Jolyon Palmer in die Renaultspan sal oorneem.[1]

In 2018 beleef Sainz 'n wisselvallige seisoen; hy behaal 'n vyfde plek in Azerbeidjan as beste resultaat sedert sy terugkeer by die Renaultfabriekspan, maar in ander renne eindig hy ver agter sy spanmaat, Nico Hülkenberg. Toe die span op 3 Augustus 2018 bekend maak dat Daniel Ricciardo in 2019 vir Renault gaan jaag, moes Sainz na 'n ander span soek. Op 16 Augustus maak McLaren bekend dat Sainz in 2019 die uittredende Fernando Alonso sou vervang.[2]

Op 14 Mei 2020 word bekend gemaak dat Sainz die plek van Sebastian Vettel by Scuderia Ferrari vanaf 2021 sal oorneem.[3]

Op 3 Julie 2022 wen hy sy eerste Formule Eenwedren, die Britse Grand Prix te Silverstone.[4] Na 7 jaar en 150 wedrenne se wag, word hy hiermee die 112de bestuurder om 'n Grand Prix te wen.

  1. (nl) Sainz vertrekt na GP Japan al naar Renault, Kvyat terug bij Toro Rosso
  2. (nl) McLaren bevestig Sainz as vervanger vir Alonso in 2019
  3. "Carlos Sainz maakt droomtransfer naar Ferrari F1 team" (in Nederlands). Het Nieuwsblad. 14 Mei 2020. Besoek op 14 Mei 2020.
  4. "Sainz converts pole into maiden Grand Prix victory at Silverstone after scintillating race" (in Engels). Formula 1® - The Official F1® Website. 3 Julie 2022. Besoek op 3 Julie 2022.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy