Caroline Wozniacki

Caroline Wozniacki
Caroline Wozniacki in 2015
Land Vlag van Denemarke Denemarke
Woonplek Monte Carlo, Monaco[1]
Geboortedatum 11 Julie 1990 (1990-07-11)[1]
Geboorteplek Odense, Denemarke[1]
Lengte 1,77 m[1]
Gewig 63 kg[1]
Afrigter Piotr Woźniacki (2004–2020)[1]
Begin professioneel 18 Julie 2005[1]
Spelstyl Regshandig (tweehandig handrughou)[1]
Loopbaan-wengeld $35 926 538 (soos op 10 Junie 2024)[1] (7de van alle tye)[2]
Amptelike webblad carolinewozniacki.com
Enkelspel
Loopbaanrekord 646–274 (70,2%)[1]
Loopbaantitels 30 WTA,[1] 4 ITF
Hoogste rang No. 1 (11 Oktober 2010)[1]
Huidige rang No. 117 (10 Junie 2024)[1]
Grand Slam-uitslae
Australiese Ope W (2018)
Franse Ope KE (2010, 2017)
Wimbledon 4R (2009, 2010, 2011, 2014, 2015, 2017)
VSA-Ope E (2009, 2014)
Groot toernooie
WTA-kampioenskap W (2017)
Olimpiese Spele KE (2012)
Dubbelspel
Loopbaan-rekord 39–56 (41,1%)[1]
Loopbaantitels 2 WTA[1]
Hoogste rang No. 52 (14 September 2009)[1]
Huidige rang No. – (10 Junie 2024)[1]
Australiese Ope 2R (2008)
Franse Ope 2R (2010)
Wimbledon 2R (2009, 2010)
VSA-Ope 3R (2009)
Laaste opgedateer op: 14 Junie 2024.

Caroline Wozniacki[3] (Deens: [kɑːoliːnə vʌsniˈɑɡi], Pools: [vɔʑˈɲat͡ski]; gebore op 11 Julie 1990 in Odense, Denemarke) is 'n Deense beroepstennisspeler. Sy is 'n voormalige Wêreld Nr 1 op die WTA-toer, en het hierdie posisie vir 67 weke beklee.[4] Sy was die eerste vrou van 'n Skandinawiese land om die topposisie en 20ste algeheel te hou.[5]

Sedert haar WTA-debuut in 2005 het sy haar jaareindposisie elke jaar verbeter tot die afronding as die topspeler in beide 2010 en 2011. Wozniacki het 23 WTA-titels gewen teen Augustus 2014, drie in 2008, drie in 2009, ses in 2010 (die meeste in 'n jaar deur 'n WTA speler van 2008–2011),[6] ses in 2011, twee in 2012, en een elk in 2013, 2014 en 2015. Sy was die naaswenner in die 2009 en 2014 Amerikaanse Ope en die 2010 WTA-toerkampioenskap in Doha na Kim Clijsters.

Caroline Wozniacki het die 2006 Wimbledon-damesenkelspeltitel en tydens die Australiese Ope in 2018 haar eerste Grand Slam-toernooi gewen. Sy hou ook twee WTA-titels in die dubbelspel. In 2008 het Wozniacki die titel as die "WTA-nuweling van die jaar" gewen.

  1. 1,00 1,01 1,02 1,03 1,04 1,05 1,06 1,07 1,08 1,09 1,10 1,11 1,12 1,13 1,14 1,15 1,16 (en) "Caroline Wozniacki". Women's Tennis Association. Besoek op 14 Junie 2024.
  2. (en) "Career Prize Money Leaders" (PDF). Women's Tennis Association. 10 Junie 2024. Besoek op 14 Junie 2024.
  3. (pl) Rawa, Krzystof (17 Mei 2010). "Tata uczył tenisa i Chopina". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 10 Junie 2019.
  4. (en) "Notes & Netcords: January 16, 2012". WTA Tour. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 November 2012. Besoek op 16 Januarie 2012.
  5. (en) "Wozniacki's Big Day – The Gallery". 7 Oktober 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 November 2012. Besoek op 11 Februarie 2015.
  6. (en) "Stats Corner: Best Of The Best". WTA Tour. 15 Desember 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 10 Junie 2019.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy