Chemiese verwering

Chemiese verwering is 'n proses waar die samestelling van gesteentes/rotsvormende minerale chemies verander, gewoonlik a.g.v. blootstelling aan suurstof en water. Dit vind plaas met 'n geleidelike proses waar die rotsvormende minerale aanpas by die temperatuur- en druktoestande op of naby die oppervlak. Tydens hierdie proses skakel die minerale om in nuwe sekondêre minerale soos kleiminerale.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy