Consumer Electronics Show

Besoekers voor LG se stalletjie in 2010.

Die Consumer Electronics Show (CES) (Afrikaans: skou vir verbruiker-elektronika) is 'n internasionale handelskou vir inligtingstegnologie en elektroniese verbruikersware wat jaarliks in Januarie oor vier dae in Las Vegas se Convention Center gehou word. Die tentoonstelling is net toeganklik vir vakbesoekers en joernaliste en staan nie oop vir die breë publiek nie. Die handelskou word deur die Consumer Electronics Association (CEA) gereël, 'n Amerikaanse handelsorganisasie vir elektroniese verbruikersware.

Die CES bied vir belangrike vervaardigers van elektroniese verbruikersware 'n geleentheid om nuwe produkte bekend te stel of innovasies aan te kondig. So is die handelskou, wat jaarliks sowat 140 000 besoekers lok, steeds 'n belangrike aanwyser vir ontwikkelings in die IT-bedryf.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy