DVD-Oudio

Die DVD-Oudio-handelsmerk

DVD-Oudio (Engels: DVD Audio) is 'n suster-medium van DVD-Video wat in die vroeë 21ste eeu as een van die moontlike opvolgers van die CD op internasionale markte ingevoer is, met oudiofiele en omringklank-entoesiaste as hoofteikengroepe. Die formaat is intussen tegnies grotendeels vervang deur Blu-ray, en daar word nouliks nuwe titels vrygestel, maar verbruikers het steeds 'n keuse tussen verskillende nuwe spelers wat die formaat kan weergee. Verrassend genoeg het selfs Sony, oorspronklik naas Philips een van die ondernemings wat die mededingende SACD-formaat ontwikkel het, DVD-Oudio in sy Ultra-HD-Blu-ray-spelers UBP-X800 en UBP-X1000ES geïntegreer wat in 2017 in die mark vrygestel is.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy