Dale Steyn

Dale Steyn
Dale Steyn in 2009
Volle naam Dale Willem Steyn
Gebore 27 Junie 1983 (1983-06-27)
Phalaborwa, Suid-Afrika
Bynaam(e) Steyn Remover, Phalaborwa Express
Lengte 1,79 m
Kolfstyl Regshandig
Boulstyl Regterarm vinnig
Rol Aanvangsbouler
Internasionale geskiedenis
Nasionale span Suid-Afrika
Toetsdebuut (no 297) 17 Desember 2004 v Engeland
Laaste Toets 21 Februarie 2019 v Sri Lanka
Toetshempno. 82
EDI debuut (no 82) 17 Augustus 2005 v Asië XI
Laaste EDI 13 Maart 2019 v Sri Lanka
EDI hempno. 8
T20I debuut (no 31) 23 November 2007 v Nieu-Seeland
Laaste T20I 21 Februarie 2020 v Australië
T20I hempno. 8
Eersterangse spaninligting
Jaar(e) Span
2003–2004 Noordelikes
2004/05–2009/10, 2017/18–2018/19 Titane
2005 Essex
2007 Warwickshire
2008–2010; 2019–2020 Royal Challengers Bangalore
2011–2012 Deccan Chargers
2011/12–2014/15 Kaapse Kobras
2013–2015 Sunrisers Hyderabad
2016 Gujarat Lions
2018–hede Cape Town Blitz
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toets EDI T20I 1ste rang A-lys
Wedstryde 93 125 47 141 180
Lopies aangeteken 1 251 365 21 1 824 419
Kolfgemiddeld 13.59 9.35 3.50 13.71 8.72
100s/50s 0/2 0/1 0/0 0/4 0/1
Hoogste telling 76 60 5 82 60
Aflewerings geboul 18 608 6 256 1 015 27 183 8 844
Paaltjies 439 196 64 618 284
Boulgemiddeld 22.95 25.95 18.35 23.57 24.61
5 paaltjies in 'n kolfbeurt 26 3 0 35 6
10 paaltjies in 'n wedstryd 5 0 0 7 0
Beste boulontleding 7/51 6/39 4/9 8/41 6/39
Vangskote/Stonkings 26/– 28/– 12/– 33/– 33/–
Bron: ESPNcricinfo, 31 Augustus 2021

Dale Willem Steyn (* 27 Junie 1983 te Phalaborwa) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler wie toets- en EDI- en T20I-krieket vir die Proteas gespeel het. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 2011, 2015 en 2019, die T20I-wêreldbekertoernooie in 2009, 2010, 2012, 2014 en 2016, asook die Kampioenetrofeë in 2009 en 2013 vir Suid-Afrika gespeel.

Steyn het die posisie as die voorste Toetsbouler ter wêreld beklee. Hy bereik die 900+ punte kerf op 13 November 2011[1][2] nadat hy sy aanvanklike werk met snelboul-deskundige Ian Pont gedoen het.[3] Hy is 'n regterarm snelbouler wat boul teen 'n gemiddelde spoed van 145–150 km/h. Sy vinnigste bal waargeneem was teen 156.2 km/h tydens die 2010 Indiese Premierliga, vir Bangalore Royal Challengers teen Kolkata Knight Riders. Hy hou ook die rekord vir die vinnigste Suid-Afrikaner om 100 paaltjies in Toetskrieket te neem, hy behaal hierdie mylpaal op 2 Maart 2008.[4]

Steyn beskik tans oor die beste boulslaagsyfer van alle tye in Toetskrieket (onder boulers wie ten minste 10 000 aflewerings geboul het).[5] In die 2007/08 seisoen neem Steyn 78 paaltjies teen 'n gemiddeld van 16.24 balle per paaltjie,[6] en word beloon met die prestige "IKR 2008 Toetsspeler van die Jaar" toekenning.[7] Hy word benoem as een van Wisden se "Krieketspelers van die Jaar" in 2013.[8]

Steyn het sy tuiskrieket in Suid-Afrika vir die Kaapse Kobras gespeel. Op 5 Augustus 2019 het Steyn sy uittrede uit toetskrieket aangekondig,[9] en op 31 Augustus 2021 sy uittrede uit alle krieket.[10]

  1. (en) "Reliance ICC Player Rankings". Reliancemobileiccrankings.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2017. Besoek op 21 Julie 2013.
  2. (en) "England consolidate No. 1 spot; India remain 4th". 12 Junie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2013.
  3. (en) "The Man Who Made Dale Steyn Now Plots His Downfall". Indianexpress.com. 17 Maart 2011.
  4. (en) "Matches taken to reach 100 wickets in Tests". ESPNcricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Augustus 2010. Besoek op 26 Maart 2008.
  5. (en) "Best Test career strike rates". Cricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2010. Besoek op 19 Julie 2013.
  6. (en) "Bowling records | Test matches | Cricinfo Statsguru | ESPN Cricinfo". Stats.cricinfo.com. 1 Januarie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Desember 2008. Besoek op 21 Julie 2013.
  7. (en) Dale Steyn | South Africa Cricket | Cricket Players and Officials | ESPN Cricinfo
  8. (en) "Kallis, Amla, Steyn among Wisden's five Cricketers of the Year". Wisden India. 10 April 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 April 2013. Besoek op 7 Desember 2013.
  9. (en) "Dale Steyn retires from Test cricket". Internasionale Krieketraad. Besoek op 5 Augustus 2019.
  10. (en) "'Bittersweet but grateful' – Dale Steyn brings curtain down on illustrious career". ESPNcricinfo. Besoek op 31 Augustus 2021.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy