Dame (skaak)

Dame in die standaard Staunton-ontwerp

Die dame (,) is die kragtigste stuk in skaak. Elke speler begin die spel met een dame wat in die middel van die eerste ry langs hulle konings geplaas word. Die wit dame begin op 'n wit blokkie en die swart dame op 'n swart blokkie. In algebraïese notasie begin die wit dame op die d1-blokkie en die swart dame op die d8-blokkie.

In die spel sjatrandj, 'n voorganger van skaak, was die dame 'n betreklik swak stuk wat bekendgestaan het as 'n fers of vizier. Die stuk kon slegs een blokkie op 'n slag in 'n diagonale rigting skuif. Die moderne dame se skuifpatroon het in Europa in die 15de eeu ontwikkel en het 'n dramatiese effek op die spel gehad.

Die stuk staan argaïes as die minister bekend. In Engels staan dit as die Queen (koningin) bekend en in Pools staan dit as die Hetman bekend – die naam van 'n belangrike historiese militêr-politiese figuur. In Russies het dit die Persiese naam ferz behou.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy