Demi Lovato | |
Demetria Devonne Lovato in 2016
| |
Geboortenaam | Demetria Devonne Lovato |
---|---|
Geboorte | 20 Augustus 1992 Albuquerque, Nieu-Meksiko (VSA) |
Nasionaliteit | Amerikaner |
Beroep(e) | Aktrise, sanger |
Webwerf | www.demilovato.com |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Demetria Devonne Lovato (gebore 20 Augustus 1992) is 'n Amerikaanse aktrise en sangeres-liedjieskryfster. Sy is die bekendste vir haar rolle as Mitchie Torres in die Disney-kanaal Oorspronklike Rolprent Camp Rock en Sonny Monroe in Sonny With A Chance. Buiten rolspel is sy ook 'n solomusiekkunstenaar en het sy haar debuutalbum Don't Forget op 23 September 2008 vrygestel. Die album het by nommertwee op die Billboard-200-trefferlys gedebuteer en het meer as 89 000 kopieë in die eerste week verkoop.[1] Lovato het haar tweede album, Here We Go Again, op 21 Julie 2009 vrygestel.[2]