Diamond Head

Diamond Head
Diamond Head, soos gesien vanuit Round Top-weg Diamond Head,
soos gesien vanuit Round Top-weg
Ligging O'ahu, Hawaii (VSA)
Hoogte 232 meter bo seevlak
Reeks Hawaii-eilande
Koördinate 21°15′35.0″N 157°48′42.3″W / 21.259722°N 157.811750°W / 21.259722; -157.811750
Bergtipe Vulkaankeël
Rotsouderdom 200 000 jaar
Maklikste roete Voetslaanpad

Diamond Head (Hawaiïes: Lēʻahi) is 'n tufsteenformasie op 'n hoogte van 232 meter en 'n bekende baken van Honolulu en Waikiki op die eiland O'ahu (Hawaii, Verenigde State). Die Engelse naam gaan terug op 19de eeuse Engelse seemanne wat klein deeltjies kwartsiet en kalsiet in die bergpiek se gesteente met diamante verwar het.

Lēʻahi of Diamond Head is tans een van die bekendste bergspitse van Hawaii en as 'n tipiese voorbeeld van 'n tufsteenkeël in 1986 tot 'n nasionale natuurmonument (National Natural Landmark) verklaar.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy