Diatoniese toonleer

Diatoniese toonleer op C, gelykswewende stemming About this sound Play  and just About this sound Play .
Pythagoreaanse diatoniese toonleer op C About this sound Play . ’n Plusteken (+) dui die sintoniese komma aan.

In musiekteorie is ’n diatoniese toonleer 'n hepatoniese toonleer wat bestaan uit vyf heeltone en twee halftone vir elke oktaaf insluit, waarin die twee halftone deur óf twee óf drie heeltone geskei word, afhangende van hulle posisie in die toonleer. Hierdie patroon verseker dat, in ’n diatoniese toonleer wat verder as een oktaaf strek, al die halftone maksimaal van mekaar geskei is (d.w.s. deur ten minste twee heeltone geskei word). Die woord "diatonies" kom van die Grieks διατονικός, wat beteken om deur tone heen te beweeg.[1]

Die sewe toonhoogtes van enige diatoniese toonleer kan verkry word deur middel van ’n reeks van ses rein kwinte (of volmaakte vyfdes). Byvoorbeeld die sewe natuurlike toonhoogtes waaruit die C majeurtoonleer bestaan, kan verkry word uit ’n reeks rein kwinte wat by F begin:

F—C—G—D—A—E—B

Hierdie eienskap van die diatoniese toonleer word Pythagoreaanse stemming genoem. Dit was geskiedkundig betekenisvol en het moontlik bygedra tot die wêreldwye verspreiding daarvan omdat dit musici eeue lank toegelaat het om musiekinstrumente maklik volgens gehoor te stem.

Enige reeks van sewe opeenvolgende natuurlike note, soos C-D-E-F-G-A-B, en enige transposisie daarvan, is ’n diatoniese toonleer. Klavierklawerborde is ontwerp om natuurlike note, en gevolglik diatoniese toonlere, met die wit note te speel. ’n Diatoniese toonleer kan ook beskryf word as twee tetrachorde (vier opeenvolgende tone) wat deur ’n heeltoon geskei word.

Die term diatonies het oorspronklik verwys na die diatoniese genus, een van die drie genusse van die antieke Grieke. In musikale reeksteorie klassifiseer Allen Forte diatoniese toonlere as reeksvorm 7–35.

Hierdie artikel sluit nie alternatiewe sewenoot-diatoniese toonlere soos die harmoniese mineur of die melodiese mineur in nie.

  1. Ball, Philip (2010).

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy