Dicynodontia

Dicynodontia
Tydperk: Middel-Permlaat Trias[1] 268–208 m. jaar gelede
Die skedel van die disinodont Endothiodon angusticeps in die Amerikaanse Museum van Natuurgeskiedenis.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Infraorde:
Dicynodontia

Owen, 1859

Dicynodontia, of die disinodonte, is ’n takson van Anomodontia-terapsides wat hul oorsprong in die middel-Permperiode gehad het. Hulle het in die laat Perm oorheers en deur die Trias bestaan, met ’n paar wat moontlik tot in die vroeë Kryt oorleef het. Disinodonte was plantvreters met twee slagtande, vandaar hul naam ("twee hondetande"). Hulle was die suksesvolste en mees uiteenlopende groep terapsides wat nie soogdiere was nie, met meer as 70 bekende genera wat gewissel het van die grootte van ’n rot tot dié van ’n olifant. Hulle het onder meer voorgekom in wat vandag Suid-Afrika is.

  1. Racki, Grzegorz; Lucas, Spencer G. (2018). "Timing of dicynodont extinction in light of an unusual Late Triassic Polish fauna and Cuvier's approach to extinction". Historical Biology: 1–11. doi:10.1080/08912963.2018.1499734.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy