Dmitri Pozjarski

Prins Dmitri Pozjarski (links) en Koezma Minin in ’n 19de-eeuse skildery deur Michail Skotti.

Dmitri Michailowitsj Pozjarski (Russies: Дмитрий Михайлович Пожарский; 17 Oktober 1577 – 30 April 1642) was ’n prins van die Rjoerik-dinastie wat Rusland tydens die Tyd van Beroeringe gelei het in ’n stryd om onafhanklikheid van die Pools-Litause Gemenebes. Dit het gelei tot die Poolse onttrekking ná Rusland se oorwinning met die Slag van Moskou in 1612.[1]. Hy het die nuwe titel "Redder van die Moederland" van tsaar Michail Romanof gekry en 'n volksheld geword wat in die Gedenkteken vir Minin en Pozjarski op Rooiplein in Moskou vereer is.[2]

  1. "Moscow of the future from dreamers a century ago". rbth.com. Ksenia Isaeva.
  2. "Kuzma Minin and Prince Dmitry Pozharsky". statues.vanderkrogt.net.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy