Doleriet

Doleriet.

Doleriet is ’n mafiese, kristalagtige stollingsgesteente. Dit word ook diabaas, mikrogabbro[1] of groensteen[2] genoem.

Dolerietgesteentes of -plate is gewoonlik vlak intrusies met ’n fyn, korrelrige tot ofitiese struktuur. In Noord-Amerika word die term "diabaas" (diabase) verkies en in die res van die Engelssprekende wêreld "doleriet" (dolerite). Baie wetenskaplikes gebruik daarom die term "mikrogabbro" om verwarring te voorkom.

  1. "BGS Rock Classification Scheme - Dolerite (Synonymous with Microgabbro)" (in Engels). British Geological Survey. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Julie 2018. Besoek op 24 Augustus 2015.
  2. "Groensteen" in die WAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 25 Mei 2020.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy