Dorland's

Dorland's is die handelsnaam van ’n reeks mediese verwysingswerke (insluitende woordeboeke, speltoetsers en sagteware) in verskeie media van drukwerk tot CD-ROM's tot aanlyn inhoud. Die vlagskipprodukte is Dorland's Illustrated Medical Dictionary (tans die 32ste uitgawe) en Dorland's Pocket Medical Dictionary (die 29ste uitgawe).

Die hoofwoordeboek is in 1890 die eerste keer gepubliseer as die American Illustrated Medical Dictionary. Met die dood van die redakteur, William Alexander Newman Dorland, AM, MD in 1956, is die woordeboeke hernoem om sy naam in te sluit. Die geïllustreerde woordeboek het vir die 31ste uitgawe tot 2 208 bladsye gegroei.

Vandag is die uitgewersmaatskappy deel van Elsevier.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy