Downton Abbey

Downton Abbey

Die Highclere-kasteel in Hampshire is as die stel van Downton Abbey vir binnens- en buitenshuise opnames gebruik
Genre Kostuumdrama
Geskep deur Julian Fellowes
Geskryf deur Julian Fellowes
Shelagh Stevenson
Tina Pepler
Geregisseer deur Brian Percival
Ben Bolt
Brian Kelly
Andy Goddard
James Strong
Ashley Pearce
Temamusiekkomponis John Lunn
Openingstema Did I Make The Most of Loving You?
Oorsprong Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Taal Engels
Aantal seisoene 6
Aantal episodes 52
Produksie
Uitvoerende vervaardiger(s) Julian Fellowes
Gareth Neame
Rebecca Eaton
Vervaardiger(s) Liz Trubridge (reeks), Nigel Marchant
Kinematografie David Katznelson, Gavin Struthers
Kamera-opstelling Enkelkamera
Produksiemaatskappy ITV Studios, Carnival Films, Masterpiece
Uitsending
Oorspronklike kanaal ITV, PBS
Beeldformaat 1080i (HDTV)
Klankformaat Stereo
Oorspronklike lopie 26 September 2010 – 25 Desember 2015
Kronologie
Opgevolg deur The Gilded Age (2019)[1]
Webskakels
Amptelike webwerf

Downton Abbey is 'n Britse kostuumdrama wat deur Julian Fellowes geskep en deur Carnival Films en Masterpiece gemeenskaplik vervaardig is. Dit is deur ITV op 26 September 2010 vir die eerste keer in die Verenigde Koninkryk en deur PBS op 9 Januarie 2011 as deel van die Masterpiece Classic-antologie vir die eerste keer in die Verenigde State uitgesaai.

Die televisiereeks, wat op die fiksionele Engelse landgoed Downton Abbey in Yorkshire afspeel, beeld die lewe van die adellike Crawley-gesin en hul bediendes in die post-Edwardiaanse tydperk uit, waarby belangrike historiese gebeurtenisse invloed op hul lewe en die Britse klashiërargie uitoefen. Hierdie gebeurtenisse sluit die nuus oor die ondergang van die RMS Titanic in die eerste seisoen; die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog, die grieppandemie in 1918 en die Marconi-skandaal in die tweede seisoen; en die tussenoorlogse tydperk en vorming van die Ierse Vrystaat in die derde seisoen in.

Downton Abbey het positiewe kritiek ontvang en is met 'n aantal pryse bekroon, waaronder die Golden Globe Award vir die beste mini- of televisiereeks en die Primetime Emmy Award vir uitstekende minireekse. Dit was die gewildste televisiereeks op sowel ITV asook PBS en het vervolgens die suksesvolste Britse kostuumdrama sedert Brideshead Revisited, wat in 1981 uitgesaai is, geword. Toe die derde reeks gebeeldsend is, was dit reeds een van die gewildste televisiereekse ter wêreld.[2] 'n Vierde seisoen is in die najaar van 2013 uitgesaai, terwyl die vyfde seisoen in die Verenigde Koninkryk vanaf September 2014 deur ITV1 gebeeldsend is. Soos elke jaar is daar ook 'n spesiale Kersfees-aflewering in Desember 2014 uitgesaai. 'n Sesde seisoen is in September en Oktober 2015 gebeeldsend, en die laaste spesiale Kersfees-aflewering op Kersdag 2015.

  1. The Guardian, 1 Februarie 2018: Julian Fellowes' Downton Abbey follow-up, The Gilded Age, to arrive in 2019. Besoek op 1 Februarie 2018
  2. A Bit of Britain Where the Sun Never Sets: 'Downton Abbey' Reaches Around the World. In: The New York Times, 3 Januarie 2013

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy