Drakenstein Plaaslike Munisipaliteit

Drakenstein Plaaslike Munisipaliteit
Kaart van Suid-Afrika wat Drakenstein Plaaslike Munisipaliteit in Wes-Kaap aandui
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Kaapse Wynland
Tipe Plaaslike Munisipaliteit
Munisipale kode WC023
Burgemeester vakant
Hoofstad Paarl
Grootste tale Afrikaans, Xhosa, Engels
Area 1 538 km²  
Bevolking 251,262 [1](2011)
Die NG kerk in Wellington

Drakenstein is 'n Wes-Kaapse Plaaslike Munisipaliteit waarvan die vernaamste dorpe die Paarl en Wellington in die Boland is. Dit val onder beheer van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit.

Met 'n bevolking volgens die sensus van 2011 van 251 262 is Drakenstein die naasgrootste munisipaliteit in die provinsie. Die grootste bevolkingsgroep in daardie jaar was die bruines op 157 029, gevolg deur 56 963 swartes, 33 959 blankes en 998 Indiërs/Asiërs.[1]

Burgersentrum van die munisipaliteit gesetel in die Paarl
  1. 1,0 1,1 Drakenstein Plaaslike Munisipaliteit Sensus 2011

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy