Driemanskap

Die Driemanskap was 'n groep van drie leiers wat deur die Volksraad van die Zuid-Afrikaansche Republiek aangestel is om die land te bestuur totdat die Republiek herstel is nadat dit deur Brittanje geannekseer was. Die Driemanskap het bestaan uit Paul Kruger as Onder-President, Piet Joubert as Kommandant-Generaal en Marthinus Wessel Pretorius. Die Driemanskap was in bevel totdat Paul Kruger as President verkies is in 1883.


From Wikipedia, the free encyclopedia ยท View on Wikipedia

Developed by Tubidy