Dubbele heliks

Links is twee enkele helikse wat om mekaar draai en regs die dubbele heliks van DNS.
’n Spiraal binne ’n spiraal (dubbele spiraal), soos in sommige gloeilampe.

’n Dubbele heliks (in Grieks beteken hélix "draaiing", "spiraal") is ’n geometriese figuur waar die spiraal dubbel is, in teenstelling met ’n enkele heliks. Twee soorte kan onderskei word:

  1. Twee enkele helikse wat los om mekaar draai, of wat met mekaar verbind is soos in DNS;
  2. ’n Enkele string wat ’n spiraal vorm wat weer ’n heliks met ’n groter radius vorm, soos in sommige gloeilampe.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy