In aardrykskunde is 'n duin 'n sandheuwel wat deur eoliese prosesse gebou word of die vloei van water.[1] Duine bestaan in verskeie vorms en groottes, afhangende van hulle wisselwerking met die wind. Meeste duine is langer aan die kant wat die wind trotseer en waar sand teen die duin op beweeg word. 'n Duineveld is 'n area wat deur baie duine bedek word.
Sommige kusgebiede het een of meer rye duine wat parallel met die kuslyn loop. In meeste sulke gevalle is die duine baie belangrik, siende dat hulle die land beskerm teen die moontlike teisteringe deur stormwinde wat van die see afkomstig is.
Duine word nie net langs die kuslyn gevind nie, maar ook op land, by droë en woestynagtige gebiede. Hulle word ook onder water gevorm deur die vloei van water, op die bodems van riviere, mondings en die seebodem.
Die moderne woord "dune" het in 1790 is Engels uit Frans gekom,[2] wat op sy beurt afkomstig was van die Middel-Hollandse dūne.[1]
{{cite book}}
: |last1=
has generic name (hulp)