ENB-stadion

ENB- of FNB-stadion

Bynaam Sokkerstad / Soccer City
Die kalbas
Ligging Johannesburg, Suid-Afrika
Koördinate 26°14′5.27″S 27°58′56.47″O / 26.2347972°S 27.9823528°O / -26.2347972; 27.9823528
Eienaar Stad Johannesburg
Operateur Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (SAFA)
Kapasiteit 94 700[1][2]
Oppervlak Gras
Konstruksie
Eerste sooi gespit 1986[3]
Geopen 1989[4]
Renovasie 2009
Uitgebrei 2009
Boukoste R3,3 miljard
Argitek Boogertman & Vennote, Populous
Huurders
Kaizer Chiefs
Bafana-Bafana
Springbokke

Die ENB-stadion (ook genoem FNB-stadion, Sokkerstad of Soccer City) is 'n stadion in Soweto, Johannesburg, Suid-Afrika. Die stadion is reg langs die hoofkantoor van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (SAFA-huis) waar die kantore van FIFA en die Plaaslike Reëlingskomitee vir die 2010 Sokkerwêreldbeker gesetel was.[1] Met 'n kapasiteit van 94 700 is dit die grootste stadion in Afrika.

Eerste wedstryd van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 word tussen Suid-Afrika en Meksiko gespeel
Sokkerwedstryd tussen Argentinië en Suid-Korea tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010
Die stadion tydens die 2010-sluitingseremonie

Die stadion het sedert sy konstruksie in 1987 as die FNB-stadion bekend gestaan, maar is tydelik na Sokkerstad herdoop om aan FIFA se neutrale borgskap-vereistes te voldoen.[5]

In 1990 het Nelson Mandela sy eerste vrye toespraak in die stadion gelewer, nadat hy uit die gevangenis vrygelaat is. Op 10 Desember 2013 is sy internasionale roudiens hier gehou.[6][7] Dit was ook die tuiste van Chris Hani se begrafnis.[6]

Dit was ook die plek vir die eindstryd van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010, wat tussen Nederland en Spanje beslis is. Tydens die wêreldbeker se sluitingseremonie op die dag van die eindstryd het Nelson Mandela sy laaste openbare verskyning hier gemaak.[8]

  1. 1,0 1,1 (en) "Soccer City". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Augustus 2019. Besoek op 30 Junie 2008.
  2. (en) "Stadia". Suid-Afrikaanse Sokkervereniging. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 April 2012. Besoek op 30 Junie 2008.
  3. (en) "2010 FIFA World Cup – the beautiful game". Eerste Nasionale Bank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Oktober 2007. Besoek op 30 Junie 2008.
  4. (en) Lucille Davie (23 Januarie 2007). "Soccer goes back 120 years in Joburg". City of Johannesburg. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2011. Besoek op 30 Junie 2008.
  5. (af) Storm bars los oor Soccer City ná WB Geargiveer 19 Julie 2010 op Wayback Machine, Nuus24, 17 Julie 2010.
  6. 6,0 6,1 (en) 2010 FIFA World Cup – Soccer City Geargiveer 29 Augustus 2019 op Wayback Machine. In: fifa.com. Besoek op 10 Junie 2010.
  7. (en) "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2014. Besoek op 28 Junie 2015.
  8. (en) "Nelson Mandela, South Africa's anti-apartheid icon, dies aged 95". The Telegraph. Besoek op 10 Desember 2013

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy