Eenheidlaaitoestel

LD3-houers word van 'n Boeing 747 afgelaai

'n Eenheidlaaitoestel (ULD) is 'n houer wat gebruik word om bagasie, vrag en pos op wyerompvliegtuie en sekere nourompvliegtuie te laai. Dit laat die vooraflaai van vrag toe, in die vertroue dat die vrag in die houer in die vliegtuig sal pas. Dit is behulpsaam met die doeltreffende beplanning van vliegtuigmassa en -balans en verminder ook arbeid en tyd in die laai van vliegtuighouers in vergelyking met massalaai van enkele vragitems of bagasie met die hand. Elke ULD het sy eie paklys of manifes sodat die inhoud daarvan nagespeur kan word. 'n Gelaaide vliegtuigvragpalet wat met 'n vragnet toegemaak is, vorm ook 'n ULD, maar die vrag se afmetings en massa moet bepaal word, om vliegtuigdeur- en kajuitvryhoogtes te verseker.

Die IATA publiseer ULD-regulasies en reken dat daar 900 000 houers in diens is, ter waarde van meer as VS$1 miljard, dus gemiddeld $1100 elk.[1]

Deursnit van 'n Airbus A300 wat LD3-houers toon.
  1. "ULD Regulations". IATA.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy