Eerste Liga (Nederland)

Eerste Liga
2023–24 Eerste Liga
Sportsoort Sokker
Gestig 1956
Eienaar KNVB
Inwydingseisoen 1956
Deelnemende lande Vlag van Nederland Nederland
Aantal spanne 20
Mees onlangse kampioen Heracles Almelo (2023–24)
Verwante kompetisies Eredivisie
Tweede Liga
Derde Liga
Hoofdklasse
Eerste klasse

Die Eerste Liga is op één na die hoogste sokkerkompetisie in Nederland wat deur die KNVB georganiseer word. Dit is die laagste liga waar betaalde sokker gespeel word. Die kompetisie heet amptelik die Jupiler League, vernoem na die hoofborg, Jupiler. Die wenner van die eerste liga word elke jaar na die Eredivisie gepromoveer. Die beste spanne speel steeds ses wedstryde ("Periodekampioen") en die hoog geëindigde spanne plaas hulle vir die Nacompetitie, waar hulle teen Ereligaspanne moet speel vir 'n plek in die Ereliga. Die klub wat twintigste eindig, sal na die Tweede Liga relegeer.

Sedert seisoen 2013-'14 speel daar ook drie jeugspanne van Ereligaklubs in die Eerste Liga. In 2020 is as gevolg van die wêreldwye Covid-19-pandemie geen kampioen gekroon nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy