Eerste Opiumoorlog

Eerste Opiumoorlog
Deel van die Opiumoorloë

Die Nemesis vernietig Chinese jonke tydens die Tweede Slag van Chuenpee op 7 Januarie 1841
Datum 18 Maart 183929 Augustus 1842[1]
Ligging Chinese Keiserryk
Resultaat Britse oorwinning, Verdrag van Nanking
Gebieds-
veranderinge
Hongkong-eiland aan Brittanje gesedeer
Strydende partye
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk Qing-dinastie
Aanvoerders
Lord Palmerston
Charles Elliot
George Elliot
James Bremer
Hugh Gough
Henry Pottinger
William Parker
Daoguang Keiser
Lin Zexu
Qishan
Guan Tianpei (†)
Yishan
Yijing
Yang Fang
Sterkte
19 000 troepe[2] 200 000 Banniermanne en Groen Standaardweermagtroepe
Ongevalle en verliese
69 gesneuwel
451 gewond
18–20 000 gesneuwel
Bron vir sterftes:[2]

Die Eerste Opiumoorlog (1839–42), ook bekend as die Opiumoorlog en as die Anglo-Chinese-oorlog, was ’n oorlog tussen Groot-Brittanje en China oor hul botsende standpunte oor diplomatieke betrekkinge, handel en die administrasie van geregtigheid vir buitelanders.[3]

Voor die konflik wou Chinese amptenare die verspreiding van opium inperk en het hulle ongeveer 20 000 kiste met opium (ongeveer 1,21 miljoen kilogram) van Britse handelaars gekonfiskeer.[4] Hoewel die Britse regering China se reg om invoere te beheer nie amptelik ontken het nie, het hulle beswaar gemaak teen hierdie beslaglegging en sy militêre mag misbruik om gewelddadige regstelling af te dwing.[3]

In 1842 het die Verdrag van Nanking – die eerste van wat die Chinese later die ongelyke verdrae sou noem – ’n vrywaring aan Brittanje verleen, vyf verdraghawes geopen en die Hongkong-eiland oorgedra waardeur die handelsmonopolie van die Kantonstelsel beëindig is. Die verdrag het egter daarin misluk om die Britse doelwitte van verbeterde handel en diplomatieke betrekkinge te behaal, wat aanleiding gegee het tot die Tweede Opiumoorlog (1856–60).[5] Die oorlog word vandag beskou as die aanvang van die moderne Chinese geskiedenis.[6][7]

  1. (en) Pichon, Alain (2006). China Trade and Empire. Oxford University Press. p. 36–37. ISBN 0-19-726337-2.
  2. 2,0 2,1 Martin, Robert Montgomery (1847). China: Political, Commercial, and Social; In an Official Report to Her Majesty's Government. Volume 2. James Madden. bl. 81–82.
  3. 3,0 3,1 Tsang, Steve (2007). A Modern History of Hong Kong. I.B.Tauris. bl. 3–13, 29. ISBN 1-84511-419-1.
  4. Farooqui, Amar (Maart 2005). Smuggling as Subversion: Colonialism, Indian Merchants, and the Politics of Opium, 1790–1843. Lexington Books. ISBN 0739108867.
  5. Tsang 2004, bl. 29
  6. Stockwell, Foster (2003). Westerners in China: A History of Exploration and Trade, Ancient Times Through the Present. McFarland. bl. 74. ISBN 0-7864-1404-9.
  7. Janin, Hunt (1999). The India–China Opium Trade in the Nineteenth Century. McFarland. bl. 207. ISBN 0-7864-0715-8.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy