Eier (voedsel)

Volstruiseier (regs), in vergelyking met 'n hoendereier (links-onder) en kwarteleier (bolinks)
Hoendereier
heel, hardgekook

Voedingswaarde per 100 g
Energie 150 kcal   650 kJ
Koolhidrate     1.12 g
Vette10.6 g
Proteien 12.6 g
Water75 g
Vitamien A gelyk.  149 μg 17%
Tiamien (Vit. B1)  0.066 mg  5%
Riboflavien (Vit. B2)  0.5 mg  33%
Pantoteensuur (B5)  1.4 mg  28%
Folate (Vit. B9)  44 μg 11%
Vitamien B12  1.11 μg  46%
Vitamien D  87 IU44%
Vitamien E  1.03 mg7%
Kalsium  50 mg5%
Yster  1.2 mg10%
Magnesium  10 mg3% 
Fosfor  172 mg25%
Kalium  126 mg  3%
Sink  1.0 mg10%
Cholesterol 424 mg
Slegs vir die eetbare gedeelte.
Afval: 12% (dop).
Een groot eier weeg 50 g.
Persentasies is relatief tot VSA
aanbevelings vir volwassenes.
Bron: USDA Voedingstof-databasis
'n Rou hoendereier se binnekant. Die dop is verwyder deur dit in asyn te week vir 48 uur
Links 'n hoendereier, meeste geëet deur mense, en regs twee kwarteleiers
'n Gebakte hoedereier, "sunny side up"

Eiers word deur vroulike diere gelê, en sluit in visse, reptiele, amfibieë en voëls. Eiers van meestal voëls word al vir millennia deur die mens as voedsel geëet.[1] Voël- en reptieleiers bestaan uit 'n beskermende eierdop, albumien (eierwit), en vitellus (eiergeel), binne-in verskeie dun membrane. Gewilde keuses van eierverbruik is hoender, eend, volstruis, kwartel en selfs kaviaar, maar die eier wat verreweg die meeste verbruik word deur mense is hoendereiers. Die volstruis is die dier wat die grootste eiers lê.

Hoenders en ander eierlêers word wêreldwyd aangehou, en die grootskaalse produksie van hoendereiers is 'n globale industrie. In 2009 is 'n geskatte 62,1 miljoen metrieke ton eiers wêreldwyd van ongeveer 6,4 miljard lêhenne verkry.[2]

  1. Kenneth F. Kiple, A Movable Feast: Ten Millennia of Food Globalization (2007), p. 22.
  2. [1] WATT Ag Net – Watt Publishing Co

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy