Einsteinium

99 kaliforniumeinsteiniumfermium
Ho

Es

(Upt)
Algemeen
Naam, simbool, getal einsteinium, Es, 99
Chemiese reeks aktiniede
Groep, periode, blok n.v.t., 7, f
Atoommassa (252) g/mol
Elektronkonfigurasie [Rn] 5f11 7s2
Elektrone per skil 2, 8, 18, 32, 29, 8, 2
CAS-registernommer 7429-92-7
Fisiese eienskappe
Toestand vastestof
Smeltpunt 1 133 K
(860 °C)
Kookpunt 1 269 K
(996 °C)
Digtheid (0 °C, 101.325 kPa)
8,84 g/L
Atoomeienskappe
Oksidasietoestande 2, 3, 4
Ionisasie-energieë 1ste: 619 kJ/mol
Kristalstruktuur kubies, vlak gesentreerd
(voorspel)
Elektronegatiwiteit 1,3 (Skaal van Pauling)
Geskiedenis
Ontdek 1952
Ontdek deur Lawrence Berkeley
Nasionale Laboratorium
Genoem na Albert Einstein
Vernaamste isotope
Hoofartikel: Isotope van einsteinium
iso NV halfleeftyd VM VE (MeV) VP
252Es sin 471,7 d α 6,760 248Bk
ε 1,260 252Cf
β 0,480 252Fm
253Es sin 20,47 d SS
α 6,739 249Bk
254Es sin 275,7 d ε 0,654 254Cf
β 1,090 254Fm
α 6,628 250Bk
255Es sin 39,8 d β 0,288 255Fm
α 6,436 251Bk
SF
Portaal Chemie

Einsteinium is ’n sintetiese element met die atoomgetal 99 en simbool Es. Dit val in die aktiniedreeks en is die sewende transuraan.

Dit is ontdek in die neerslag van die eerste waterstofbomontploffing in 1952 en genoem na Albert Einstein. Sy algemeenste isotoop is 253Es, met ’n halfleeftyd van 20,47 dae, wat in ’n paar kragtige kernreaktors kunsmatig uit die verval van 253Cf vervaardig word. Dit word gevolg deur ’n ingewikkelde proses om 253Es van ander aktiniede en produkte van hul verval te skei. Ander isotope word in baie klein hoeveelhede in verskeie laboratoriums vervaardig deur swaar aktiniede met ligte ione te beskiet. Vanweë die klein hoeveelhede einsteinium wat vervaardig word en die relatief kort halfleeftyd van sy isotope wat die maklikste geskep kan word, het dit tans byna geen nut buiten vir navorsingsdoeleindes nie. Dit is byvoorbeeld in 1955 gebruik om 17 atome van die nuwe element mendelevium vir die eerste keer te vervaardig.

Einsteinium is ’n sagte, silwerige paramagnetiese metaal. Sy eienskappe is tipies van die laat aktiniede. Die hoë radioaktiwiteit van 253Es het ’n sigbare gloed tot gevolg. Die bestudering van sy eienskappe word bemoeilik deur die verval van die isotoop in 249Bk en dan 249Cf teen ’n tempo van 3% per dag. Die isotoop met die langste halfleeftyd, 252Es (471,7 dae), sal makliker wees om te bestudeer, maar dit is baie moeiliker om te vervaardig en is net in minimale hoeveelhede beskikbaar.[1] Einsteinium is die element met die hoogste atoomgetal wat in makroskopiese hoeveelhede in sy suiwer vorm waargeneem is, en dit is die isotoop 253Es met sy kort leeftyd.[2]

Nes alle sintetiese transurane is isotope van einsteinium hoogs radioaktief en word dit as uiters gevaarlik beskou.[3]

  1. Einsteinium. periodic.lanl.gov
  2. Haire, Richard G. (2006). "Einsteinium". In Morss, Lester R.; Edelstein, Norman M.; Fuger, Jean (reds.). The Chemistry of the Actinide and Transactinide Elements (PDF). Vol. 3 (3de uitg.). Dordrecht, Nederland: Springer. pp. 1577–1620. doi:10.1007/1-4020-3598-5_12. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 17 Julie 2010. Besoek op 9 Februarie 2017.
  3. Hammond C.R. "The elements" in Lide, D.R., red. (2005). CRC Handbook of Chemistry and Physics (86ste uitg.). Boca Raton (FL): CRC Press. ISBN 0-8493-0486-5

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by razib.in