Die meeste definisies van ekotoerisme het vier basiese elemente gemeen, naamlik:
Die meeste natuurlike gebiede in Suid-Afrika waar ekotoerisme bedryf word, is binne beskermde of groot wildplaasgebiede geleë. Ekotoerisme vorm deel van die nie-verbruikende benutting van natuurlike gebiede en word dikwels voorgehou as die mees ekonomiese en onderhoubare manier om sulke gebiede te benut. Behoudgerigte en diereregtegroepe bevorder ekotoerisme hoofsaaklik as teenvoeter vir verbruikende benuttingsvorms soos die jag of uitdun van wild. Ongelukkig is daar egter dikwels nie genoeg begrip van die toepassing van volhoubare ekotoerisme in natuurlike of wildgebiede nie.