Eksotermies

'n Ontploffing is 'n gewelddadige eksotermiese reaksie.

In termodinamika, word die term eksotermies beskryf as 'n proses of reaksie wat energie vrystel, gewoonlik in die vorm van hitte, maar ook in die vorm van lig (bv 'n vonk, 'n vlam, of flits), elektrisiteit (bv 'n battery), of klank (soos byvoorbeeld die ontploffing gehoor wanneer waterstof brand). Aan die einde van 'n eksotermiese reaksie is die produkte gewoonlik warmer as aan die begin, behalwe as die gegenereerde hitte verwyder word. Eksotermies is die teenoorgestelde van endotermies. Die woord vind sy oorsprong in die Griekse woorde exo, ("buite") en thermasi, (verhit).[1]

  1. Perrot, Pierre (1998). A to Z of Thermodynamics. Oxford University Press. ISBN 0-19-856552-6.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy