Enschede

Enschede


Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Nederland Nederland
 Koördinate 52°13′N 6°53′E / 52.217°N 6.883°O / 52.217; 6.883
 Stigting 1325
 Provinsie Overijssel
 Oppervlakte:  
 - Totaal 161,84 vk km
 Hoogte bo seevlak 0 m m
 Bevolking:  
 - Totaal (2011) 157 000
 - Groot-Enschede 361 000
 - Twente 650 000
 - Bevolkingsdigtheid 1 000/vk km
 Tydsone UTC+1
 - Somertyd UTC+2
 Burgemeester (party) Roelof Bleker (onafhanklik)
 Amptelike webwerf www.enschede.nl
 Wikimedia Commons Enschede

Enschede () is 'n munisipaliteit en 'n stad in die provinsie Overijssel in Nederland. Hierdie stad is die grootste stad van Overijssel met meer as 160 000 inwoners (2011). Enschede is die elfde stad van Nederland. Dit is in Twente geleë en word in die noorde begrens deur die munisipaliteite Dinkelland, Oldenzaal en Losser, in die ooste deur Gronau in Duitsland, in die suide deur Haaksbergen, en in die weste deur Hengelo

Die naam se betekenis is waarskynlik "An die Schede" (Aneschedhe, 1118) Oud-saksies: scheed ('skeiding' of 'grens'). Die naam verwys na ’n grens aan ’n moerasgebied.

Enschede ontstaan in die vroeë middeleeue en het stadsregte in 1325 gekry.

Die stad was op 13 Mei 2000 in die wêreldnuus toe die vuurwerkfabriek SE Fireworks in Roombeek ontplof het en 23 mense gesterf het.

Enschede is wêreldbekend vir die Universiteit Twente, die sokkerklub FC Twente en die plaaslike bier Grolsch.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy