Erik I van Denemarke

Erik I
Koning van Denemarke

Periode 18 Augustus 1095 – Julie 1103
Voorganger Olaf I
Opvolger Niels
Vrou Boedil Thurgotsdatter
Kinders Knoet
Harald Kesja
Vader Sven I
Moeder Gunhild Sveinsdotter
Gebore Omstreeks 1060, Slangerup, Denemarke
Oorlede 10 Julie 1103, Ciprus

Erik I van Denemarke of Erik die Goeie (Deens: Erik Ejegod; omstreeks 1060, Slangerup, Denemarke – 10 Julie 1103, Ciprus)[1][2][3][4] was van sy broer Olaf I se dood in 1095 koning van Denemarke. Hy was die seun van Sven I en sy vrou, Gunhild Sveinsdotter. Hy het getrou met Boedil Thurgotsdatter.

Hy is gebore in Slangerup, Denemarke. Tydens die bewind van sy halfbroer Knoet IV van Denemarke het hy hom ywerig ondersteun. Hy het egter op die koninklike plaas gebly toe Knoet na Odense gereis het waar hy vermoor is. Ná sy dood het Erik gevlug. Olaf is gekies as koning van Denemarke, maar hy het net ’n kort rukkie regeer. Daarna is Erik as koning gekies.

  1. Dunham, Samuel (1839). The cabinet cyclopaedia: History of Denmark, Sweden, and Norway, Vol. 2. Longman, Orme, Brown, Green & Longmans and John Taylor.
  2. Eiríkr, Magnússon; Morris, William (1905). The Saga Library, Vol. 6. B. Quaritch.
  3. Vigfússon, Guðbrandur; York Powell, Frederick (1883). Corpus Poeticvm Boreale: The Poetry of the Old Northern Tongue, from the Earliest Times to the Thirteenth Century, Vol. 2. Clarendon Press.
  4. Sifakis, Carl (1984). The Dictionary of Historic Nicknames. Facts on File Publications. ISBN 0-87196-561-5.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy