Europese Grand Prix

Die Bakoe-straatrenbaan wat in 2016 die Europese Grand Prix gehuisves het.

Die Europese Grand Prix is die naam wat aan verskeie Formule Een-kampioenskapswedrenne gegee word wat by verskillende renbane in Europa plaasvind.

Die Europese Grand Prix is gedurende die mid-1980's ingestel en gereeld gehou vanaf 1999 tot 2012. 'n Onlangse gasheer vir hierdie geleentheid was die Valencia Straatbaan in Valencia, Spanje, wat die ren van 2008 tot 2012 aangebied het.

Die wedren is van die kalender verwyder in 2013, maar is hervat in 2016, hierdie keer aangebied op die nuwe Bakoe-straatrenbaan in Bakoe, die hoofstad van Azerbeidjan. Laasgenoemde wedren staan egter vanaf die 2017 Formule Een-seisoen bekend as die Azerbeidjanse Grand Prix, en nie meer as die Europese Grand Prix nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy