Geskiedenis van Europese kunsmusiek | |
Middeleeus | (476 – 1400) |
Renaissance | (1400 – 1600) |
Barok | (1600 – 1760) |
Klassiek | (1730 – 1820) |
Romanties | (1815 – 1910) |
20ste eeu | (1900 – 1999) |
Kontemporêre klassieke musiek |
Klassieke musiek is 'n breë, ietwat onpresiese term wat verwys na musiek wat geskep is volgens, of waarvan die oorsprong lê in, die tradisies van Europese kuns, kerk- en konsertmusiek, wat 'n lang tydperk insluit—ongeveer van die jaar 1000 tot vandag. Die sentrale norme van hierdie tradisie het, volgens een denkrigting, tussen 1550 en 1825 ontwikkel en fokus op wat bekend staan as die tydperk van klassieke Westerse harmonie. Die term klassieke musiek het eers in die vroeë 19de eeu verskyn in 'n poging om tydperk van Bach tot Beethoven te idealiseer as 'n tydperk in die musiek wat gelykstaan met die goue eeu van die beeldhoukuns, argitektuur en kuns van die klassieke oudheid, waarvan daar natuurlik geen musiek oorgebly het nie. Die vroegste verwysing na 'klassieke musiek' in die Oxford English Dictionary is uit ongeveer 1836. Sedertdien word die term in die algemene spreektaal gebruik as die teenoorgestelde van populêre musiek.