Falmer-stadion

Falmer-stadion
Nagaansig van die stadion

Bynaam Die Amex
Volle naam American Express Gemeenskapstadion
Ligging Falmer, Brighton, Engeland
Koördinate 50°51′42.56″N 0°4′59.80″W / 50.8618222°N 0.0832778°W / 50.8618222; -0.0832778
Eienaar Brighton & Hove Albion
Operateur Brighton & Hove Albion
Kapasiteit 30 750
Oppervlak Gras
Konstruksie
Gebou Desember 2008
Geopen Julie 2011
Uitgebrei 2012, 2013
Boukoste ₤93 miljoen
Argitek KSS Ontwerpgroep
Hoofkontrakteurs Buckinghamgroep
Huurders
Brighton & Hove Albion F.C.

Falmer-stadion (ook bekend as American Express Gemeenskapstadion of Die Amex weens borgskapredes) is ’n sokkerstadion naby Falmer in Brighton en Hove, Engeland met sitplek vir 30 750 mense. Dit is die tuisveld van Brighton & Hove Albion. Die stadion is op 31 Mei 2011 aan die eienaars oorhandig. Die eerste wedstryd wat in die stadion gespeel is, was die laaste seisoenwedstryd van die Sussex Seniorbeker van die 2010-’11 tussen Brighton en Eastbourne Borough op 16 Julie 2011.[1]

In September 2015 is twee wedstryde van die Rugbywêreldbeker 2015 in die stadion gespeel.[2] As oefenlopie voor die wêreldbeker is die wedstryd tussen die o/20-spanne van Frankryk en Engeland, as deel van die Sesnasies o/20-kampioenskap in die stadion gespeel.

  1. (en) "Sussex FA". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2011. Besoek op 31 Mei 2011.
  2. "Olimpiese stadion bevestik op Rugbywêreldbeker 2015-kortlys". BBC Sport (in Engels). 8 Oktober 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2014. Besoek op 9 Oktober 2012.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy