Fermentering

Fermentasie in vordering: Borrels van CO2 vorm 'n skuim op die boonste deel van die fermentasie mengsel.

Fermentasie is 'n metaboliese proses wat chemiese veranderinge in organiese substrate veroorsaak deur die werking van ensieme. In biochemie word dit nouliks gedefinieer as die ontrekking van energie uit koolhidrate in die afwesigheid van suurstof. In die konteks van voedselproduksie kan daar in die breë verwys word na enige proses waarin die aktiwiteit van mikroörganismes 'n wenslike verandering in 'n voedsel of drank teweegbring. Die wetenskap van fermentasie staan bekend as zymologie.

In mikroörganismes is fermentasie die primêre middel om adenosientrifosfaat (ATP) te produseer deur organiese voedingstowwe anaërobies af te breek. Mense gebruik gisting om voedsel en drank te produseer sedert die Neolitiese era. Fermentasie was byvoorbeeld gebruik vir die bewaring in 'n proses wat melksuur produseer, wat weer in suur kosse gebruik word soos gepekelde komkommer, Kombucha, Kimchi, en jogurt, asook as vir die vervaardiging van alkoholiese drank soos wyn en bier. Fermentasie vind ook plaas in die spysverteringskanale van alle diere, insluitend die mens.[1]

  1. Bowen, Richard. "Microbial Fermentation". Hypertexts for biological sciences (in Engels). Colorado State University. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Desember 2019. Besoek op 29 April 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy