Fondaco dei Tedeschi

Die Fondaco dei Tedeschi in 2012
Die Fondaco dei Tedeschi in Augustus 2019, met besoekers op die dakterras
Die interieur van die Fondaco dei Tedeschi vandag. Rondom die binnehof het luukse winkels ontstaan

Die Fondaco dei Tedeschi (in Venesiaans: Fontego dei Tedeschi; Latyn: Fonticum Theutonicorum) was die historiese kantoorgebou, stoor- en koshuis van Duitssprekende kooplui in Venesië. Die benaming is vir die eerste keer in 1268 gebruik, al het die instelling as sulks reeds vroeër in die 13de eeu bestaan, waarby dit in meerdere geboue gehuisves is. Gewoonlik is na alle bewoners van die Heilige Romeinse Ryk as Duitsers of Tedeschi verwys - so het ook Oostenrykers, Switsers, Hongare, Pole en Tsjegge in hierdie kategorie geval.

Die huidige Fondaco dei Tedeschi, geleë in die sestiere (stadsdeel) San Marco, langs die Canal Grande en vlaky die Rialtobrug, het in 1508 ontstaan nadat die voorgangergebou drie jaar tevore deur 'n verwoestende brand vernietig is.

Met die ontbinding van die Republiek Venesië in 1797 is die Fondaco dei Tedeschi deur Napoléon Bonaparte gesluit. Nadat dit enkele jaar lank as Venesiaanse hoofposkantoor van Poste Italiane gedien het, het die Benetton Group die gebou in 2008 vir €53 miljoen gekoop en dit as 'n luukse winkelgebou laat herontwikkel. Die historiese binnehof dien tans as stedelike kampus wat oopstaan vir almal, terwyl die dakterras 'n uitsig oor Venesië bied.[1] Die Italiaanse posdiens het die 15de eeuse paleis Ca' Faccanon in San Marco as nuwe Venesiaanse hoofposkantoor ingerig.[2]

  1. Die Welt, 14 Oktober 2016: Made in Italy - Shopping: Neuer Luxustempel in altem Palast von Venedig. Besoek op 8 Oktober 2019
  2. La Nuova di Venezia e Mestre, 20 Oktober 2009: Poste centrali a Ca' Faccanon. Besoek op 9 Oktober 2019

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy