Francis William Reitz

Francis William Reitz
Francis William Reitz
Francis William Reitz tussen 1888 en 1895

Ampstermyn
10 Januarie 1889 – 11 Desember 1895
Voorafgegaan deur J.H. Brand
Opgevolg deur M.T. Steyn

Hoofregter van die Oranje-Vrystaat
Ampstermyn
Junie 1876[1] – 10 Januarie 1889
Voorafgegaan deur Nuwe amp
Opgevolg deur Onbekend

Ampstermyn
Junie 1898 – 31 Mei 1902
Voorafgegaan deur W.J. Leyds
Opgevolg deur Amp afgeskaf

President van die Senaat van die Unie van Suid-Afrika
Ampstermyn
1910 – 1921
Voorafgegaan deur Nuwe amp
Opgevolg deur H.C. van Heerden

Persoonlike besonderhede
Gebore 5 Oktober 1844
Swellendam, Kaapkolonie
Sterf 27 Maart 1934 (op 89)
Kaapstad, Kaapprovinsie
Eggenoot/-note Blanka Thesen (1854–1887)
Cornelia Maria Theresa Mulder (1864–1935)
Alma mater Suid-Afrikaanse Kollege
Professie Prokureur
Religie Nederduits Gereformeerd

Francis William Reitz Jr. (Swellendam, 5 Oktober 1844Kaapstad, 27 Maart 1934) was 'n Suid-Afrikaanse prokureur, politikus, staatsman, digter en skrywer oor staatsreg, lid van die parlement van die Kaapkolonie, Hoofregter en vyfde Staatspresident van die Oranje-Vrystaat, Staatsekretaris van die Zuid-Afrikaansche Republiek ten tyde van die Anglo-Boereoorlog en die eerste president van die Senaat van die Unie van Suid-Afrika.[2]

Reitz het 'n baie uiteenlopende politieke en regsloopbaan gehad wat oor meer as veertig jaar gestrek het en in vier verskillende politieke entiteite afgespeel het: die Kaapkolonie, die Oranje-Vrystaat, die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Unie van Suid-Afrika. Reitz is in Kaapstad en Londen as prokureur opgelei en het begin deur as prokureur en diamantprospekteerder voordat hy aangestel is as Hoofregter van die Oranje-Vrystaat.[3] Reitz het 'n belangrike rol gespeel in die modernisering van die regstelsel en die staat se administratiewe organisasie in die Oranje-Vrystaat. Hy was terselfdertyd ook 'n prominente openbare figuur en was betrokke in Afrikaanse- en Afrikanerkulturele bewegings en kulturele lewe in die geheel.[4]

Reitz was 'n gewilde persoon weens sy politieke bedrywighede en sy openlikheid. Toe Staatspresident Brand in 1888 skielik oorlede is het Reitz die presidensiële verkiesing onbestrede gewen. Nadat hy in 1895 herverkies is en hy 'n reis na Europa onderneem het, het hy baie siek geword en moes aftree.[5] In 1898, nadat hy herstel het, is hy aangestel as die Staatsekretaris van die Zuid-Afrikaansche Republiek en het hy 'n leidende politieke figuur geword tydens die Anglo-Boereoorlog.[6] Na die oorlog het hy vrywilliglik in ballingskap gegaan omdat hy onwillig was om getrouheid aan die Britte te betoon.[6] Etlike jare later het hy na Suid-Afrika teruggekeer en weer 'n regsfirma geopen in Pretoria. In die vroeë 1900's het hy weer by die politiek betrokke geraak en met die verklaring van die Unie van Suid-Afrika in 1910 is hy verkies tot die eerste president van die Senaat.[7]

Reitz was sy lewe lank 'n belangrike figuur in die kulturele lewe van die Afrikaner, veral deur sy gedigte en ander publikasies.[8]

  1. Vanaf 9 Mei 1874 tot Junie 1876 was hy voorsitter van die voorloper van die Hooggeregshof, die Appèlhof van die Oranje-Vrystaat, en gevolglik ook die hoogste regter in die land
  2. Hierdie artikel is hoofsaaklik gebaseer op inligting verkry van Moll, J.C. (1972). "Reitz, Francis William, die jonge". Suid-Afrikaanse Biografiese Woordenboek 2. Kaapstad & Johannesburg: Raad vir die Geesteswetenskaplike Navorsing. 592–600. 
  3. Moll, 'Reitz, Francis William', 593.
  4. Moll, 'Reitz, Francis William', 594.
  5. Moll, 'Reitz, Francis William', 595.
  6. 6,0 6,1 Moll, 'Reitz, Francis William', 598.
  7. Moll, 'Reitz, Francis William', 599.
  8. Moll, 'Reitz, Francis William', 595-596.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy