Francisco de Almeida

Francisco de Almeida
Francisco d'Almeida
Geboreca. 1450
Sterf1 Maart 1510
Nasionaliteit Portugal
Beroepedelman, soldaat, ontdekkingsreisiger en Visekoning van Portugees-Indië
Bekend virVestiging van die Portugese vloothegemonie in die Indiese Oseaan.
Termyn1505–1509
VoorgangerAmp geskep
OpvolgerAfonso de Albuquerque

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Francisco de Almeida (gebore ca. 1450 in Lissabon; oorlede 1 Maart, 1510 Tafelbaai, aan die Kaap die Goeie Hoop) was 'n Portugese edelman, soldaat en ontdekkingsreisiger. Hy het homself onderskei as 'n raadgewer aan koning Johan II van Portugal en later in die oorloë teen die More, asook in die verowering van Granada in 1492. In 1503 word hy aangestel as eerste goewerneur en onderkoning oor die portugese Staat van Indië (Estado da Índia). Hy het Tafelbaai in 1510 aangedoen en in ’n skermutseling met plaaslike Khoi-veeboere omgekom. Portugese seevaarders het daarna van die Suider-Afrikaanse kus probeer wegbly.[1]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy