Frans-Vlaandere

Frans-Vlaandere is 'n nie-administratiewe gebied in die noorde van Frankryk. Dikwels word na hierdie streek tussen die heuwels van Artesië en die Belgiese grens ook as die Weshoek (Nederlands: Westhoek) verwys. Die gebied het 'n Nederlandstalige minderheid, wat veral op die platteland van die Franse département Nord woon.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy