Friedrich Kellner

Friedrich Kellner
Friedrich Kellner in 1934
Gebore
August Friedrich Kellner

1 Februarie 1885
Sterf4 November 1970
NasionaliteitVlag van Duitsland Duitsland
BeroepJustisie Inspekteur
EggenootPauline Preuss
KindersFriedrich Wilhelm Kellner
Ouer(s)Georg Friedrich Kellner
Barbara Wilhelmine née Vaigle

August Friedrich Kellner (1 Februarie 18854 November 1970) was 'n middelvlak-amptenaar in Duitsland wat gewerk het as 'n justisie inspekteur in Mainz en Laubach. Gedurende die Eerste Wêreldoorlog was Kellner 'n voetsoldaat in 'n Hessiese regiment. Na die oorlog het hy 'n politieke organiseerder geword vir die Sosiaal-Demokratiese Party, wat die voorste politieke party was in die tyd van die onstuimige en kortstondige Republiek van Weimar, Duitsland se eerste demokrasie.

Kellner het 'n veldtog gevoer teen Adolf Hitler en die Nazis. Met die begin van die Tweede Wêreldoorlog het Kellner 'n joernaal begin skryf om sy waarnemings van die Nazi-bewind te boekstaaf. Hy het hierdie werk Mein Widerstand ("My Weerstand") genoem. Na die oorlog het Kellner op denazifikasie-rade gedien, en gehelp om die Sosiaal-Demokratiese Party te hervestig. In 1968 het hy sy joernaal aan sy Amerikaanse kleinseun gegee om dit in Engels te vertaal en tot die aandag van die publiek te bring. Hy verduidelik die doel van die skryf van sy joernaal soos volg:

"Omdat hulle oor die mag beskik het om my stem stil te maak, kon ek nie die Nazis in die hede beveg nie. Ek het derhalwe besluit hom hulle in die toekoms te bestry. Ek sou aan die komende geslagte 'n wapen gee teen enige terugkeer van sulke boosheid. My ooggetuienis sou hulle barbaarse dade aanteken, en ook wys hoe om hulle te stuit."[1]

  1. van die UPI - United Press International.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy