G.B.A. Gerdener

Prof. G.B.A. Gerdener.
Prof. Gerdener (voor links) sit hier saam met sy medeprofessore aan die Kweekskool in 1952. Agter: P.A. Verhoef en F.J.M. Potgieter. Voor: B.B. Keet en J.J. Müller.
Dr. Gerdener was van 1933 tot 1937 dosent aan die Sendinginstituut op Wellington.

Prof. dr. Gustav Bernhard Augustus Gerdener (Wupperthal, 31 Maart 1881Stellenbosch, 15 Augustus 1967) was ’n Suid-Afrikaanse teoloog, hoogleraar en geskiedskrywer. Hy was ook die vader van die kleurryke politikus, skrywer en administrateur van Natal Theo Gerdener. Die Afrikaanse skrywer en medestigter van die uitgewer Human & Rousseau Leon Rousseau was sy suster Elisabeth Anna Luise se seun.[1] Sy was getroud met Pierre Rousseau, 'n seun van ds. P.D. Rossouw, 'n predikant en vroeë Afrikaanse letterkundige wat 1896 oorlede is terwyl hy leraar was van die NG gemeente Fraserburg.[2]

  1. (en) Besonderhede van haar op geni.com. URL besoek op 25 Februarie 2016.
  2. Geni: https://www.geni.com/people/Prof-Gustav-Bernard-August-Gerdener/6000000029154034077

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy