Gallerie dell'Accademia

Gallerie dell'Accademia
'n Beeld van die museum.

Openingsjaar 1750
Webtuiste gallerieaccademia.it

Die Gallerie dell'Accademia is 'n museumgalery wat pre-19de eeuse kuns uitstal en wat in Venesië, noord-Italië geleë is. Dit word gehuisves in die Scuola della Carità op die suidelike oewer van die Groot-Kanaal in Venesië binne die sestiere[1] van Dorsoduro. Dit was oorspronklik die galery van die Accademia di Belle Arti di Venezia; d.i. die kunsakademie van Venesië, waarvan dit in 1879 onafhanklik geword het. Die twee instellings was tot 2004 in dieselfde gebou gehuisves - toe die kunsskool verskuif het na die Ospedale degli Incurabili.[2]

  1. 'n Sestiere (meervoud: sestieri) is 'n onderverdeling wat in sekere Italiaanse dorpe aangetref word. Die woord is afkomstig van die Italiaanse woord: sesto, oftewel sesde; en word dus slegs gebruik vir dorpe wat in ses distrikte verdeel is. Die bekendste voorbeeld is die sestieri van Venesië, maar Ascoli Piceno, Genua, Milaan en Rapallo is byvoorbeeld ook in sestieri verdeel. Die Middeleeuse heersers van Negroponte op die eiland Euboea is ook by tye in ses distrikte verdeel, elk met 'n afsonderlike heerser (by wyse van Venesiaanse arbitrasie) en het ook as sestieri bekend gestaan. Die eiland Kreta, 'n Venesiaanse kolonie (die "Koninkryk van Kandië") uit die vierde kruistog, is ook in ses dele verdeel wat vernoem is na die sestieri van Venesië self, terwyl die hoofstad Kandië die status van 'n kommune van Venesië behou het. Die eiland Burano noord van Venesië is ook onderverdeel in sestieri. Soms word 'n variasie van die woord gevind: die kommune van Leonessa word byvoorbeeld in sesti of sesdes verdeel. Ander Italiaanse dorpe met minder as ses amptelike distrikte word gereeld verdeel in analogiese begrippe soos quartieri (d.w.s. 4; die Engelse woord quarter kry sy betekenis hiervan en beteken 'n buurt) of terzieri (3); sommige dorpe verwys bloot na hierdie buurte by wyse van nie-nommerspesifieke rioni. Sestieri, quartieri, terzieri, rioni en hul analogiese begrippe is gewoonlik nie meer administratiewe afdelings van hierdie dorpe nie, maar historiese en tradisionele gemeenskappe wat in hul skerpste reliëf gesien kan word tydens die stede se jaarlikse palio
  2. Die Ospedale degli Incurabili is 'n groot sestiende-eeuse hospitaalgebou wat aan die Fondamenta delle Zattere in die sestiere van Dorsoduro, Venesië in Noord-Italië geleë is. Dit word vandag deur die Accademia di Belle Arti di Venezia beset. Dit is tydens die tweede helfte van die sestiende eeu gebou; die kerk - wat nie meer bestaan nie - is moontlik deur Jacopo Sansovino ontwerp.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy