Gedraaide draadpaar

25-paar kleurkode Kaart
10BASE-T Kabel

Gedraaide Draadpaarkabels (Engels: Twisted Pair) is 'n algemene vorm van bedrading waar twee geleiers om mekaar gewen word met die doel om elektromagnetiese steuring uit te skakel wat oorspraak tot gevolg kan hê.

Die aantal draaie per meter maak 'n belangrike deel uit van die spesifikasie van 'n gegewe soort kabel. Hoe groter die aantal draaie, hoe meer word oorspraak verminder. Die draai van die drade verminder steurings omdat:

  • Die gebied tussen die kabels (wat die magnetiese koppeling na die sein bepaal) word soveel moontlik verminder.
  • Die rigting van die stroom wat deur 'n eenvormige magnetiese veld geskep word, word met elke draai omgekeer sodat die strome in opeenvolgende draaie mekaar uitkanselleer.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy