Gemenedrukbuisbrandstofinspuiting

'n Bosch verdelerinspuitpomp

Gemenedrukbuis- direkte brandstofinspuiting is 'n moderne weergawe van 'n direkte inspuitstelsel vir dieselenjins. Dit bestaan uit 'n hoëdruk (1000+ bar) drukbuis wat indiwiduele solenoïedaangedrewe kleppe voer eerder as 'n laedruk brandstofpomp wat 'n spuitstuk voer of 'n hoëdruk brandstofvoerlyn met meganiese kleppe wat deur nokke op 'n nokas beheer word. Derde generasie gemenedrukbuisdieselenjins het deesdae piëso-elektriese inspuiters wat selfs meer akkuraat is met brandstofdrukke so hoog as 180 MPa / 1800 bar.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy