Geofiet

Amaryllis belladonna, 'n geofiet

'n Geofiet is volgens die definisie van Raunkiaer (1934)[1] 'n plant wat 'n ondergrondse orgaan besit soos 'n blombol, 'n knol of 'n wortelstok wat dit in staat stel om 'n droë seisoen te oorleef, terwyl die plant se bogrondse blare elke jaar afsterf. Hierdie definisie is later bygewerk, maar vorm steeds die basis vir die begrip geofiet.

Veral gebiede met 'n mediterreense bioom is ryk aan geofiete: hulle is winterreëngebiede met 'n droë somer. Die Kaapse floraryk is daarvan die rykste gebied.[2]

Gebied Oppervlakte (103 km2) Aantal geofietspesies
Kaapgebied 200 2100
Chili 100 200
Kalifornië 400 200
Australië 500 700
Middellandse Seegebied 2300 1300
  1. The life forms of plants. Raunkiaer C. 1934. Oxford: Clarendon Press.
  2. An overview of the Cape geophytes Serban Porches, Richard M. Cowling, Peter Goldblatt, John C. Manning, Deirdré A. Snijman Biological Journal of the Linnean Society, 87: 27–43. (2006)

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy