George

George
Die NG Moederkerk in George
Die NG Moederkerk in George
George is in Wes-Kaap
George
George
 George se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 33°58′S 22°27′O / 33.967°S 22.450°O / -33.967; 22.450
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistrikTuinroete
MunisipaliteitGeorge
Stigting1811[1]
Regering
 • BurgemeesterLeon van Wyk (DA)
Oppervlak
 • Totaal83,8 km2 (32,4 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[2]
 • Totaal157 394
 • Digtheid1 878/km2 (4 860/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense18.6%
 • Indiërs/Asiërs0.5%
 • Bruin mense47.4%
 • Swart mense32.3%
 • Ander1.2%
Taal (2011)
 • Afrikaans 63.1%
 • Xhosa 25.8%
 • Engels 7.8%
 • Ander 3.2%
Poskode (strate)
6530
Skakelkode044
Webwerfwww.george.org.za

George is 'n stad in die provinsie Wes-Kaap, Republiek van Suid-Afrika, aan die suidekant van die Outeniekwaberge, met sowat 157 400 inwoners.

George lê aan die kus sowat 300 km oos van Kaapstad aan die bekende Tuinroete. George is die ekonomiese hoofstad van die Tuinroete. In die omgewing lê toeristetrekpleisters soos die wye strande Heroldsbaai, Victoriabaai en Wildernis, die volstruisdorp Oudtshoorn en Knysna met sy lagune, sedert Maart 2009 deel van die Tuinroete Nasionale Park.

Die inheemse woude met majestueuse ou geelhoutbome en ander boomsoorte, die pragtige fynbos met tientalle soorte proteas, ericas en heide en 'n groot verskeidenheid varingsoorte trek toeriste en vakansiegangers wat lief is vir die buitelewe en natuurskoon.

George is bekend om sy uitstekende gholfbane (daar is drie verskillende 18-putjie bane op die Fancourt-landgoed alleen) en die geskiedkundige Montagupas oor die Outeniekwaberg (geopen in 1847).

  1. "Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd (1960:20-26)" (PDF) (in Engels). pp. xlv–lii. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019. Besoek op 17 Januarie 2016.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 Som van die hoofplekke George en Thembalethu 2011-Sensus.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy