Gereformeerde kerk Reddersburg

Gereformeerde kerk Reddersburg
Sluit in  Edenburg
Reddersburg
Trompsburg
Klassis  Suid-Vrystaat
Huidige predikant(e)  J.H. (Hans) Grobler
In kombinasie met  Bloemfontein-Suidheuwels
Belydende lidmate  56
Dooplidmate  9
Adres Kerkstraat 26
Reddersburg
Geskiedenis
Stigtingsdatum  12 Mei 1859
Afgestig van  Oorspronklike gemeente
Eerste predikant  Johannes Beijer
Die Gereformeerde kerk op Reddersburg. Die hoeksteen is op 27 Junie 1925 deur ds. A.S.E. Yssel gelê en die kerkgebou is gedurende 28 tot 30 Januarie 1927 in gebruik geneem.

Die Gereformeerde kerk Reddersburg is die oudste gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in die Vrystaat en een van die sewe oudste Gereformeerde kerke wat almal gestig is in 1859, die stigtingsjaar van dié kerkverband. Uit dié gemeente is nege dogtergemeentes afgestig, naamlik Bethulie, Ventersburg, Fauresmith, Boshof, Ladybrand, Petrusburg, Thaba Nchu, Wepener en Bloemfontein. Die dorp Reddersburg het sy ontstaan aan die stigting van hierdie gemeente te danke.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy